NewsSchoolsStreeknuus

Dellies se eerste skaakspan wemel van die Erasmusse

Die gedugte Erasmus-leerders maak byna die helfte van Hoërskool Delmas se eerste skaakspan uit.

Die gedugte Erasmus-leerders maak byna die helfte van Hoërskool Delmas se eerste skaakspan uit.

Rudolph Erasmus is tans in gr.12 en is ook as die kaptein van die skool se eerste skaakspan vir 2022 gerkies.

Rudolph was gedurende sy gr.11-jaar die onder-kaptein van die span en speel reeds sedert sy gr.8-jaar vir die eerstespan.

Willem Erasmus, ’n gr.11-leerder is ook reeds vanaf gr.8 deel van die eerstespan.

Amelia Erasmus, ook ’n gr. 12-leerder maak ook reeds sedert haar gr. 8-jaar deel uit van die eerstespan.

Die jongste Erasmus-speler, Sarel, is ’n gr. 8-leerder aan Hoërskool Delmas en speel ook reeds vir die eerstespan skaak.

“Voorwaar ’n Erasmus-skaakspan waarop ons skool baie trots is,” het die hoof, Cas Badenhorst laat hoor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button