NewsSchoolsStreeknuus

Witties kry ’n dansende meerkat

Sikara is amptelik aan die Witpoort-leerders, personeel en ouers op Vrydag 4 Maart bekendgestel.

Laerskool Witpoort is sedert 1904 ’n unieke skool.

Selfs vandag nog is dié plaasskool net buite die ooste van Pretoria baie spesiaal.

Een van die plaasskool se drome was om ’n gelukbringer (maskot) te kry wat eie is aan die omgewing en deel kan vorm van die familie.

“Daarom het ons op ’n meerkat genaamd, Sikara, besluit,” het onderwyser Anichka Grobler laat hoor.
Sikara beteken “braaf”.

 

Laerskool Witpoort se meerkat genaamd Sikara. (Foto: Anichka Grobler)

Buiten dat die omgewing meerkatte het wat elke nou en dan by die skool kom kuier, kan daar baie vergelykings getref word tussen ’n kolonie meerkatte en die mensdom.

Meerkatte staan altyd kiertsregop om ver te kan sien, hierdie eienskap is ook eie aan die Witties.

“Ons staan trots en droom groot vir elke leerder se toekoms. Witpoort is slegs ’n gedeelte van elke Wittie se reis.

“Meerkatte is beslis dinamiet in klein pakkies. Witpoort is ’n klein skool, maar ons staan vir niks en niemand terug nie.

“Ons leerders blink uit waarookal hul hulself bevind.

“Die liewe meerkat is getrou aan sy groep. By Witpoort is ons ’n familie, getrou en lojaal aan mekaar en ons skool. Ons geskiedenis en alma maters wat terugkeer, getuig ook hiervan,” het Grobler bygevoeg.

Witties-leerders roep vir Sikara met ’n spesiale kreet. (Foto: Anichka Grobler)

Meerkatte doen buurtwag met ’n glimlag, die leerders is gelukkige kinders wat nog kaalvoet kan leer, speel en baljaar. Waar kinders nog kind kan wees.

Sikara is amptelik aan die Witpoort-leerders, personeel en ouers op Vrydag 4 Maart bekendgestel.

Die opbou na hierdie dag was baie opwindend.

“Sikara het ’n kreet waarmee hy geroep word sodat almal kan weet dat ons brawe Sikara oppad is.”

Tydens die bekendstelling is Sikara met ’n helikopter by die skool afgelaai.

’n Stampvol pawiljoen van opgewonde kinders en ouers het Sikara ingewag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button