NewsSchoolsStreeknuus

Rassies se tweekampatlete gaan SA’s toe

Afrigter Christiaan Britz hardloop en swem saam met die atlete oor die naweke as voorbereiding vir die SA’s en maak seker die atlete is geoefen.

Hoërskool Erasmus is die wenners van die Gauteng-Noord skole tweekampkompetisie.

Die Rassies se 14 atlete het Gauteng Noord-kleure verwerf en is ook gekies vir die Gauteng Noord se tweekampspan wat aan die 45ste Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Port Elizabeth gaan verteenwoordig op 2 April.

Die Rassies se woema was in die kompetisie sigbaar waar hulle kragte gemeet het met 11 skole.

Afrigter Christiaan Britz hardloop en swem saam met die atlete oor die naweke as voorbereiding vir die SA’s en maak seker die atlete is geoefen.

Die atlete is Henco Cornelissen (0/15), Pieter du Venage (0/17), Ludrick Britz (0/17), Ferdinand von Staden (0/17), Juan van Zyl (0/17), Larissa Cornelissen (0/19), Wihandri von Staden (0/19), Edrich Britz (0/19), Ian van Zyl (0/19), Jayden Hilton Hilliar (0/19), Hans Bester (0/19), Jaco Labuschagne (0/19), André Bezuidenhout (0/19), Sibusiso Rapatswana (jnr mans) en hulpafrigter Christine Kruger.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button