Local newsMunicipalNews

Vryheidsfront Plus stig nuwe tak op Secunda

Stapelberg wil beklemtoon dat dié tak, tak 4, nie soos ’n klub is nie, maar dat dit daar is om die gemeenskap te help.

Nic Stapelberg, ’n ondersteuner van die Vryheidsfront Plus, het op Donderdag, 24 Maart, ’n nuwe tak vir die Vryheidsfront Plus op Secunda gestig.

Stapelberg wil beklemtoon dat dié tak, tak 4, nie soos ’n klub is nie, maar dat dit daar is om die gemeenskap te help.

“Ons is in diens van die publiek,” het Stapelberg gesê.

Hy het inwoners, wat sukkel met munisipale dienslewering, aangemoedig om hom te skakel en om by sy tak betrokke te raak.

Dié tak se bestuur bestaan uit Stapelberg wat die voorsitter is, Lezette Serfontein (sekretaresse) en Ronel Bezuidenhout (ondervoorsitter).

Vir meer inligting, skakel Stapelberg by 072 641 6188.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button