Hoërskool Erasmus leer by Simon Mason
Hy besoek Suid-Afrika een maal per jaar om sy kennis en vernuf te deel met spelers hier en is baie lief vir die Suid-Afrikaanse gasvryheid.
Hoërskool Erasmus se Hokkiebokkies het die kans van ’n leeftyd gehad om op 13 Maart by die Hokkie Farm die beroemde Britse hokkiespeler, Simon Mason, se kliniek by te woon.
Mason het vir Britanje het aan drie somer Olimpiese Spele deelgeneem in 1996, 2000 en 2004, asook aan die 1998 Commonwealth Games. Mason het die bynaam “Long Arm of the Law” verwerf.
Hy besoek Suid-Afrika een maal per jaar om sy kennis en vernuf te deel met spelers hier en is baie lief vir die Suid-Afrikaanse gasvryheid.
Die Rassies se eerstespan en 0/14-hokkiebokkies het die kliniek geniet en baie geleer.
Die skool praat met groot lof en dank om deur ’n wêreldberoemde speler opgelei te word.
Daar is ook ’n geskenkpakkie aan Mason gegee om hom te bedank vir sy bydra tot die sport en tot die skool.
Die geskenk bevat spesifiek Suid-Afrikaanse produkte en ook Bronkhorstspruit se 100 jaar-boek.




