Local newsNewsStreeknuus

Vroue kuier vir die oggend by Laerskool Du Preez van Wyk

220 vroue luister na die Flooze in Dupieland.

’n Vroueoggend met sowat 220 gaste het op Saterdag, 9 April in die skoolsaal van Laerskool Du Preez van Wyk plaasgevind.

Die oggend is as ’n geldinsameling vir die skool gereël.

Dit het die vorm van ’n ma- en dogteroggend aangeneem.

Daar was ook “adopt a daughter” waar vroue wie nie self ’n dogter het nie, een kon vir die oggend kon aanneem.

Dansers van Pas de Dance het voor die tyd opgetree het.

Gaskunstenaar Sorina Erasmus, ook bekend as Die Flooze, het gesorg vir die oggend se vermaak.

Sorina “Die Flooze” Erasmus vermaak die gaste by Laerskool Du Preez van Wyk se vroueoggend. (Foto: Verskaf)

Sy het die vroue met staaltjies uit haar kinderjare en loopbaan gemotiveer, veral die storie ’n kankerpasiëntjie wat haar geïnspireer het.

Die opskiet-sonneblomme langs die pad het ook ’n groot deel van haar vertoning uitgemaak.

Die vroue het met vol hande en harte weggestap.

Baie geskenkbewyse by die vroueoggend uitgedeel.

“Dit is te veel om op te noem, maar dit het ’n tafel volgemaak. Alles is mense en sakelui uit ons gemeenskap aan die skool geskenk, ” het organiseerder, Mandie Potgieter, laat hoor.

Die groot borg-geskenke is in die vorm van lootjies verkoop, een vir ’n dogter en een vir ’n volwassene. Daar was ook uitstallers wat hul ware uitgestal het.

Die gasvroue het die 26 tafels met finesse opgemaak. .

“Ek glo elke vrou wat die oggend bygewoon het, het pitkos gekry,” het mede-organiseerder, Liezel Nel, afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button