Local newsNewsStreeknuus

Cullinan se CMR stig ’n mamma en baba-groep

Die CMR-personeel beoog om maandeliks ’n byeenkoms aan te bied waar al die mammas op die groep by die N.G. Kerk Premiermyn se kantoor tyd saam bestee en ’n lesing gratis ontvang vanaf die klinieksuster of die borsvoedkonsultant.

Die CMR Cullinan nooi mammas om betrokke te raak by hulle groep vir vroue met babas.

Vroue wat tans swanger is of babas tot en met 18 maande het, kan hulp ontvang deur die nie-winsgewende organisasie wat werklik ’n verskil wil maak.

Ondersteuning en voorkoming is waarvoor hulle staan en die boodskap wat hulle in gemeenskappe oordra.

Dié welsynsorganisasie help met registrasie van die baba, met inentings, inligting of raad oor babas en die ontwikkel van ’n baba, sowel as ouerleiding aan gesinne wat dikwels statuêre ingryping voorkom.

Die CMR-personeel beoog om maandeliks ’n byeenkoms aan te bied waar al die mammas op die groep by die N.G. Kerk Premiermyn se kantoor tyd saam bestee en ’n lesing gratis ontvang vanaf die klinieksuster of die borsvoedkonsultant.

Hoewel hulle harte spreek van gee, kan hulle die taak nie alleen aanpak nie.

Die organisasie benodig vrywilligers om te help met verversings vir die mammas en die spreker, skenkings vir babas en mammas, sowel as profesionele mense in die omgewing wat ’n diens aan die vroue kan lewer, byvoorbeeld ’n spelterapeut, arbeidsterapeut en ’n spraakterapeut of enige iemand wat hulle dienste aan die organisasie wil bied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button