Local newsNewsStreeknuus

Delmas se kreatiewe VLU-tak leer en presteer

Een van die groot hoogtepunte tydens die dag se gebeurlikhede was om vir Jané Oosterhuis na haar onlangse lewensverrykende nieroorplanting terug te verwelkom.”

Tydens ’n besige en opwindende oggend het die lede van Delmas se VLU-tak bymekaargekom vir hulle maandelikse vergadering.

Dié maandvergadering het op Dinsdag, 19 April in die saal van die Hervormde Kerk van Delmas plaasgevind.

Craig Swart, ’n kenner op sonkrag, het die vroue toegespreek oor sonkrag en die verskeie maniere waarop hierdie wonder van die natuur aangewend en geïnstalleer kan word.

Volgens Craig sal verbruikers steeds op die Eskom-netwerk kan bly om as bystand te dien vir hul sonkragpanele.

As verbruikers egter heeltemal onafhanklik van Eskom sou wou wees, kan daar ’n kragopwekker aangeskaf word vir noodbystand.

Hier gee Craig Swart inligting rondom sonkrag terwyl Margaret Bezuidenhout aandagtig luister. (Foto: Verskaf)

“Graig het ons verder ingelig oor gaswarmwaterstelsels wat eerder gebruik kan word. Ons het gehoor van energiebesparing deur ’n tydskakelaar op ons bestaande elektriese warmwatertoestel te koppel. Ons was ook ingelig dat luukshede soos lugreëlaars te veel elektrisiteit gebruik en dus nie geskik vir sonkrag sou wees nie,” het Magriet Swart, skakelbeampte van die Delmas VLU gesê.

“Die toerusting in jou huis soos yskaste en stowe, moet ook nie te swaar op elektrisiteit wees nie,” het Magriet verduidelik.

“Die vroue het die aanbieding insiggewend gevind en daar het sommer baie vrae gevolg.”

Hierna het Eileen Putter, as blyk van waardering, ’n geskenk aan Graig oorhandig.

Die trots van die jaarlikse prysuitdeling is om ’n spesiale teelepel met die VLU-wapen op, vir getroue bywoning, te ontvang.

“Daar is ook jaarliks ’n wisseltrofee vir elke afdeling waartydens uitblinkers beloon word.

Hier ontvang Jané Oosterhuis, wat onlangs ’n nieroorplanting ondergaan het, ’n verwelkomingsgeskenk vanaf Marié Terblanché. (Foto: Verskaf)

Eileen Putter het vanjaar die Koot Claasen se ’Gryp die Dag’-trofee in ontvangs geneem.

Dit het gekom as beloning vir haar bystand aan die voorsitter, Marié Terblanche.

Marié Terblanche het die Omnia-trofee ontvang.

“Dit het haar toegekom en sy is boonop ook die algehele wenner met die meeste punte,” het Magriet laat hoor.

Daar was ook tyd ingeruim om ’n nuwe lid, Ansie van Zyl, te verwelkom.

Tydens Ria van der Hoff se demonstrasie oor die rangskikking van vetplante, sade en vars blomme het Ansie glo sommer ook gretig ingeval.

“Met Ria se demonstrasie as riglyn het almal dit geniet om hul eie rangskikkings te doen.”

As blyk van waardering vir ’n leersame werkswinkel, het Marié ’n spekboompie aan Ria oorhandig.

“Dit was ’n vrolike, interessante en besige Dinsdag. Een van die groot hoogtepunte was om vir Jané Oosterhuis na haar onlangse lewensverrykende nieroorplanting terug te verwelkom.”

Heileen Putter en Marié Terblanché het erkenning vir getroue bywoning en punte bo 85% ontvang. (Foto: Verskaf)
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button