Modelle neem op Bronkhorstspruit vir liefdadigheid deel
“Liefdadigheid is ons hart en dit is die hoop wat ons wil bring.”
Sterstatus-finalis en Bronkhorstspruit-inwoner, Maryka Oosthuizen het ’n skoonheidskompetisie vir liefdagdigheid aangebied.
Die Hoop en Hart-skoonheidskompetisie het sowat 50 modelle gehad wat op Sondag, 1 Mei op die loopplank verskyn het.
Die naam Hoop en Hart het ook ’n groter betekenis.
Die woord Hoop gaan oor dit wat die kompetisie beoog om vir kinders in kinderhuise vir wie die geld ingesamel is, te bied.
Hulle wil weer “Hoop” terugbring in daardie jeug se lewe.
Die woord Hart behels elke persoon wat hul harte uitgestort het en die projek ondersteun het om van die plaaslike kompetisie ’n sukses te maak.
Elke deelnemer wat nie by ’n agentskap is nie, is met ’n geskenkbewys van Figures Models Silver Lakes bederf.
Dié spoggeleentheid is by Stofpad Skuur aangebied met sowat 150 ondersteuners.
Daar was ses kategorieë waarin verskillende ouderdomme pryse kon verower.
Die deelnemers moes drie uitrustings maak en dra, wat die Denim & Diamonds, ’n uitrusting uit herwinbare materiaal, en Boots & Heels met aandrok of somerrok insluit.
Hulle is op alles beoordeel deur ’n paneel van drie beoordeelaars, maar kreatiwiteit het die wenners bepaal.
“Die hele doel was liefdadigheid en dat die meisies hulself moes geniet. Ek wou graag hê die mense moet liefde en kreatiwiteit in besonder voel en beleef. Dit is net geld gee en daar gaan jy nie, want die meisies het hulle hart en siel aan die kompetisie en liefdadigheid gegee,” het organiseerder Maryka Oosthuizen laat hoor.
Daar was in totaal 20 wenners bekroom en titels uitgedeel.
’n Publieke keuse-titel is ook deel van die pret waar die publiek op hulle sosiale media moes reageer en die met die meeste aanhanging op hul fotos het die eerste plek en tweede plek-titels gewen.
Die eerste publieke keuse-wenner is Caitlin Abigail Bradish (8) en in die tweede plek was aan Caitlyn Hunter (17).
Die gassprekers was Liam Sounes, Mr Westrand 2021, en Ruan Sinden, Mr Krugersdorp 2021.
“Ek het daar weggery met ’n hart vol liefde en trots. Alles het afgeloop soos ek dit voorspel het.
“Al die modelle het vinnig ingespring en gehelp as ’n mede-deelnemer ’n rok of enige iets nodig gehad het en dit het my hart warm gemaak
“Ons het ons heel beste probeer om dit so mooi en lekker as moontlik vir almal te maak en daar was baie komplimente ontvang oor die plaaslike kompetisie,” het Oosthuizen afgesluit.



Die tweede prinses is Lilly-Mae Venter (4). (Foto: Joanita Botha Photography)



Die tweede prinses is Jessica Carpenter. (Foto: Joanita Botha Photography)




