Local newsNewsSchools

Oosterland op Secunda se Wieleskou is terug met ’n wroem

Die skou skop om 08:00 af en sal duur tot 17:00. Toegang is R50 per persoon.

Ná twee jaar van stilte is die Wieleskou wat deur Hoërskool Oosterland en ander borge aangebied word terug.

“Ons is terug met ’n wroem,” het Liné de Vries, skakelbeampte van Oosterland en organiseerder van die Wieleskou, gesê.

Die tema vir vanjaar se Wieleskou wat op Saterdag, 28 Mei by Graceland Casino, Hotel en Buitelugklub plaasvind, is ‘Route 66’.

Skougangers sal dié bekende roete kan stap, fotos neem en op ’n kaart kan merk waar hulle gestap het.

Die Suid-Afrikaanse ‘drifting’-kampioen, Jim McFarlane, gaan by vanjaar se Wieleskou wees. (Foto: Facebook)

Een van die nuwe dinge wat die Wieleskou vanjaar gaan bied, is ’n kattebak-uitverkoping, of soos wat meeste mense dit ken, ’n Car-Boot-Sale.

Belangstellende kan teen R100 per parkering ’n parkeerplek bespreek en van al hul ou goed ontslae raak en ’n wins maak.

Een van die hoogtepunte by vanjaar se Wieleskou is die Suid-Afrikaanse drifting-kampioen, Jim McFarlane.

Skougangers sal die kans kry om hom te ontmoet en selfs om saam met hom in sy motor te ry.

Van die ander gebeurtenisse waarna skougangers kan uitsien,is ’n junior Gladiator-baan, ’n 4×4-kompetisie met opleiding, ’n klankkompetisie, ’n Sound n Shine-kompetisie, trompoppies, skyfskiet, heerlike kosstalletjies, Mnr. en Mej. Wieleskou, ’n vintage motoruitstalling en ’n bergfietsresies.

Die skou skop om 08:00 af en sal duur tot 17:00 en toegang is R50 per persoon.

Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na bemarking@oosterland.co.za of skakel De Vries by 082 786 0134.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button