NewsSchoolsStreeknuus

Eloff en Delmas sê mekaar die stryd aan tydens vriendskaplike wedstryde

Beide die Laerskole se rugbymanne en netbalspelertjies was in top vorm en het hul harte in hul onderskeie spanne en ouderdomsgroepe uitgespeel.

Tydens die jaarlikse vriendskaplike rugby- en netbalwedstryde was daar hard gespeel, maar ook groot pret gedeel.

Laerskool Eloff en Laerskool Delmas speel glo al dié vriendskaplike wedstryde van voor die Covid-dae.

Die inperking weens die pandemie het dit egter vir ’n seisoen of twee onmoontlik gemaak.

Daar was dus groot opgewondenheid op die sportvelde van Laerskool Delmas op Donderdag, 5 Mei toe die skole se rugby seuns sowel as die netbal dogters teen mekaar te staan kon kom.

Beide die Laerskole se rugbymanne en netbalspelertjies was in top vorm en het hul harte in hul onderskeie spanne en ouderdomsgroepe uitgespeel.

Volgens Laerskool Delmas gaan dit nie oor wie wen of wie verloor nie, maar eerder oor die kweek van goeie sportmangees, buurmanskap en gesonde oefening.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button