Help Dellies se Dyllan om in Spanje rugby te speel
Dyllan se liefde vir rugby reeds op die ouderdom van ses jaar posgevat en vandat hy die eerste keer aan ’n rugbybal geraak het en sy eerste drie gedruk het, het hy geweet dat rugby sy lewensroeping is.
Dyllan Redelinghuys, ’n leerder aan Hoërskool Delmas, is onlangs gekies om in Spanje te gaan rugby speel.
Die span gaan in Oktober vanjaar in Spanje, as deel van die Danie Rossouw Rugbytoer, deelneem.
Volgens Dyllan is hy ’n harde werker wat nooit opgee nie.
“Ek het, vandat ek kan onthou, hard gewerk en geen een van my prestasies was nog ooit op ’n skinkbord aan my oorhandig nie,” het Dyllan gesê.
Dyllan se liefde vir rugby het reeds op die ouderdom van ses jaar posgevat.
“Vandat ek die eerste keer aan daai bal geraak het en my eerste drie gedruk het, het ek geweet dat rugby my lewensroeping is.”
Volgens Dyllan se inskrywing op Facebook was hy nooit in die bevoorregte posisie waar dinge maklik was of is nie.
Sy ma probeer haar uiterste en het nog altyd wonderbaarlik daarin geslaag om vir Dyllan in sy droom te ondersteun.
Dyllan moet egter finansiële bystand kry om hom te help om sy Spanje-droom te bewaarheid.
“Dit sal my die vermoë gee om aan te hou werk, myself te bewys en sodoende my droom te bewaarheid,” het hy verduidelik.
Volgens die blad BackaBuddy het Dyllan tot 30 Augustus vanjaar tyd om sy droom om in Spanje te gaan speel, te bewaarheid.
Hy benodig R45 000 om na Spanje te gaan.
Dit sluit in die koste van registrasie, vlugkaartjies, visa-aansoek, verblyf en ander uitgawes.
“Ek moet in Spanje uitkom. Ek is toegewyd tot my spel en my toekoms, maar het hulp nodig om my droom te bewaarheid. Ek het nodig dat mense in my glo,” het Dyllan op BackABuddy gesê.
Om te help om Dyllan se droom te bewaarheid, kan bydraes deur middel van BackABuddy by https://www. Backabuddy.co.za/dyllanredelinhuys gemaak word.




