Local newsNewsStreeknuus

Woon Hartklopkarnaval op Bronkhorstspruit by

Kom geniet die samesyn by die basaar.

Die N.G. Kerk Bronkhorstspruit vier vanjaar weer hulle gewone Hartklopkarnaval.

Hierdie karnaval (basaar) word op Saterdag, 28 Mei aangebied met ’n magdom stalletjies vol eetgoed soos boereworsrolle, hoederburgers, krul-aartappels, basaar-nagereg, gebraaide sosaties en braaibroodjies.

Die gewilde vetkoek met maalvleis en kerrie-en-rys moet nie misgeloop word nie.

Vars groete en verskeie snitte beesvleis kan uitgesoek en gekoop word.

Die verskeie soorte koeke en alle soorte gebak, die lekkerste Saratogatert en melktert by die teetuin, en veral pannekoek beloof om teen die spoed van lig te verkoop.

Almal is welkom om tussen 08:00 en 13:00 hulle smaaklus te kom bevredig.

Daar sal ook speletjies wees om die kinders besig te hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button