Cullinan se Volle Evangelie Kerk het ’n stapgroep begin wat gesinsvriendelik is en nooi almal van verskillende ouderdomsgroepe.
Daar is tans 35 lede, maar daar is nog baie plek vir groei.
“Ons het die Vollie-stapgroep begin om ’n behoefte in die gemeenskap te vul,” het organiseerder Lindy Barker laat hoor.
Die stap-geleenthede vind een keer per maand plaas, elke maand op ’n ander perseel in die Cullinan- en Rayton-omgewing.
Die groep beoog om tussen 5 en 10km af te lê.
Die stapgroep behels oor verskillende fiksheid uitdagings van opdraende sowel as bergpasse.
Die woord veiligheid in die stapgroep is belangrik soveel so dat daar iemand sal wees om seker te maak dat die lede die afstande voltooi en nie verlore raak of agyerbly weens ’n besering nie.
In die groep is daar leiers wat voor en agter die groep stappers sal loop. Tussen die twee sal hulle seker maak dat almal klaar gestap het.
“Dis ’n wonderlike manier om nuwe vriende met dieselfde belangstellings te ontmoet en lekker saam te kan kuier terwyl jy stap,” het Barker laat hoor.
Wanneer die stap lank raak, is daar iemand om jou te bemoedig.
“Stap het ook soveel gesondheidsvoordele en is ook voordeling vir jou emosionele toestand en is sommer ’n goeie plek om God te ervaar in die natuur,” het Barker afgesluit.



