NewsSchoolsStreeknuus
Laerskool Sundra se sport-spanne en afrigters pronk
Laerskool Sundra se entoesiastiese netbal-afrigters en skeidsregters het boonop splinternuwe hemde ontvang en kan nou spoggerig by wedstryde uitgeken word.
Met die wintersport-seisoen tans in volle gang, het Laerskool Sundra ook hul spanne aangewys.
Vanaf die bitter klein 0/7-rugby- en netbalspanne tot en met die 0/13-spanne het vir die kamera geglimlag.
Die skool se entoesiastiese netbal-skeidsregters het boonop splinternuwe hemde ontvang en kan nou spoggerig by wedstryde uitgeken word.
“Baie dankie aan ons borge, List Cleaning Chemicals en by name Ben Matsunyane en Thembi Sibeko, vir ons hemde. Ons waardeer die borg van die hemde en Laerskool Sundra se netbalskeidsregters sal dit met trots dra,” het Crystal Greeff, onderwyseres afrigter van die 0/13-netbalspan gesê.










At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



