Local newsNewsStreeknuus

Hartklopkarnaval lok honderde feesgangers

Basaar sorg vir samesyn.

Die Hartklopkarnaval by die N.G. Kerk op Bronkhorstspruit het op Saterdag, 28 Mei, 16 uitstallers gehad wat al die smake en behoeftes van elkeen wat kom inloer het, kon bevredig.

Die basaar het honderde plaaslike inwoners gelok en gesorg vir heerlike samesyn.

Onder die atmosfeer van die teetuintent is baie stories vertel, geëet en aankope gedoen.

“Die karnaval was ’n reuse sukses, baie mense het kom koop, kuier en die volmaakte dag saam kom geniet,” het organiseerder ds. Tertius Erasmus vertel.

“Daar was baie mense wat in die agtergrond donasies gemaak het, wat ure ingesit het om items te maak en nog die dag ook kom hand bysit het. Dankie vir Spar en Beefcor wat vir ons ruim geborg het,” het ds. Erasmus afgesluit.

Dawid Joubert braai lip-lek-lekker sosaties.
Sally Ferreira bou ’n broodjie.
Dawid Joubert braai lip-lek-lekker sosaties.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button