Local newsNewsStreeknuus
Cullinan Boeremark vereer jong entrepreneur
Cullinan se boeremark lok feesgangers
Die Boeremark in Cullinan het opslae gemaak met die jongste entrepreneur, Jayden van Wyk (14) wat nie een mark misloop nie.
Jayden het selfs ’n Boeremark-toekenning ontvang vir “Verkoper van die maand.”
Hy is altyd vriendelik, gretig met raad en het uitstekende kennis van sy produk. Ná skool wil hy graag ’n plantkundige word.
Die onlangse mark het 55 uitstallers gehad met sowat 800 feesgangers wat gesmul het aan die plaaslike entrepreneurs se tuisgemaakte produkte.
Daar was verskeidenheid vir die groenvingers sowel as kuns wat die visuele oog van enige kunsliefhebber se aandag getrek het.





At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



