NewsSchoolsStreeknuus

Laerskool Delmas maak skoonskip tydens ligawedstryd

Sommer vanuit die staanspoor was die aanduidings daar dat beide skole in die wedstryd was om te wen en die kompetisie was kwaai.

Daar is klipharde kaalvoet-rugby tydens die ligawedstryd tussen Laerskool Delmas en Rynfield Primary School van Benoni gespeel.

Die twee skole het op Woensdag, 25 Mei op die tuisveld van Laerskool Delmas teen mekaar te staan gekom.

Vanuit die staanspoor was die aanduidings daar dat albei skole in die wedstryd was om te wen en die kompetisie was straf.

Laerskool Delmas het egter die oorhand gekry en vier van die vyf wedstryde gewen.

Die 0/9-span van Delmas het Rynfield met 27–0 geklop, die 0/10-span het 34–10 gewen, die 0/11-span het Rynfield met 47–0 verpletter en die tweedespan het 5–30 verloor.

Laerskool Delmas se eerstes het uit die stryd weggestap met ’n spogoorwinning van 48–5.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button