Hoërskool Oosterland se jaarlikse Wieleskou het op Saterdag, 28 Mei by Graceland Hotel, Casino en Buiteklub plaasgevind.
Daar was iets vir almal om te doen en mense het vanjaar se tema, ‘Route 66’ geniet en die geleentheid gehad om by verskeie punte van dié roete, fotos te neem.
Die organiseerders van die skou, Liné de Vries, Rinda Strömbeck en Claudia Venter, het die borge vir die dag bedank asook die samewerking van die Secunda-gemeenskap.
Die inkomste van vanjaar se Wieleskou gaan vir verbeteringe by die skool en die Suid-Afrikaanse Orkes-kampioenskap wat in Oktober by Hoërskool Oosterland plaasvind, gebruik word.



At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



