NewsSchoolsStreeknuus

Delmas se landloopatlete palm nog meer medaljes in

Na die afgelope naweek se wedloop opCullinan het die twee dogters weer eens elk met ’n silwer medalje teruggekeer huis toe.

Hoërskool Delmas se landloopatlete, Michelle Myburgh en Nicky Thompson, het op Saterdag, 4 Junie aan die interprovinsiale landloopkampioenskap op Cullinan deelgeneem.

Dit volg nadat Michelle en Nicky onderskeidelik ’n goue en ’n silwer medalje losgehardloop het tydens die wedloop wat op Saterdag, 21 Mei by die Midack Atletiekklub op Middelburg plaasgevind het.

Na die afgelope naweek se wedloop, het die twee dogters weer eens elk met ’n silwer medalje teruggekeer huis toe.

Daar word nou angstig gewag om te hoor wat volgende op hulle wag en wanneer die volgende wedloop plaasvind.

“Intussen gaan Nicky en Michelle onverpoosd met hul oefenprogramme voort en sien hulle daarna uit om verder te kan deelneem na die skoolvakansie wanneer die landloopseisoen voortgaan,” het Anel Myburgh, Michelle se ma gesê.

Michelle Myburgh in aksie tydens die interprovinsiale landloopkampioenskap in Cullinan. (Foto: Charmaine Botes Visser Photography)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button