NewsSchoolsStreeknuus
Dié Dupies het talent
Die beoordelaars was die akteur en sanger, Francois Viljoen (ook ’n voormalige Dupie) en sy vrou, die aktrise Melinda Brink.
Laerskool Du Preez van Wyk se Dupies “Got talent” se videos is 11 April op die skool se Facebook bladgelaai.
Vriende en familie kon tot op 13 April gestem het.
Die 20 videos met die meeste “likes” het deurgedring as finaliste.
Die eindronde het op 4 Mei plaasgevind.
Dit was omtrent ’n spog-geleentheid.
Die beoordelaars was die akteur en sanger, Francois Viljoen (ook ’n voormalige Dupie) en sy vrou, die aktrise Melinda Brink.
In die juniorafdeling is Ilonka Palm as wenner aangewys en in die seniorafdeling is Eulanché Joubert en Kay-Lee Nel die wenners.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!