Local newsNewsStreeknuus

Delmas Herleef se span is nou uitgevat vir hul take

Volgens Delmas Herleef se lede streef hulle daarna om as gemeenskap saam te staan, saam te werk en saam ’n verkil in die gemeenskap vír die gemeenskap te maak.

Die inwoners van Delmas is goed bekend met die span vrywilligers wat die dorp help verfraai en verbeter.

So ook op Saterdag, 11 Junie toe vroue weer rommel opgetel het by die ingang na uitbreiding 4 in Delmas.

Volgens Delmas Herleef se lede streef hulle daarna om as gemeenskap saam te staan, saam te werk en saam ’n verskil in die gemeenskap.

Die groep beywer hulle daartoe om alle inwoners te betrek en ook take in samewerking met die Victor Khanye Plaaslike Munisipaliteit, aan te pak.

Delmas Herleeflede spog met hulle nuwe ‘uniforms’.

Van die take wat reeds aangepak is, is die verf van randstene en padtekens, die aanbring van straatname, die skoonmaak van die begraafplaas en die optel van rommel.

Vir elkeen van hierdie take word daar egter geld benodig en die groep maak hoofsaaklik staat op skenkings en borge vanuit die gemeenskap.

Die strooi van rommel bly ’n groot kopseer, daarom dat hulle dit op ’n gereelde basis moet skoongemaak en rommel optel.

Daar word ook 11 nuwe borde in Delmas opgerig met die woorde: ’No dumping, Please keep Delmas Clean’. Die vrywilligers van Delmas Herleef hoop om sodoende die strooi van rommel in parke en op oop stukke grond te ontmoedig.

Dit was tyd om die vrywilligers uit te ken wanneer hulle met hul take besig is en daarom is dit goed gedink om hempies met die logo daarop op aan te skaf.

Doret Maritz ruim rommel op by die ingang van uitbreiding 4 in Delmas. (Foto: Verskaf)

Gedurende ’n vergadering op Dinsdag, 24 Mei het die span hul hempies ontvang.

Projekte wat in die nabye toekoms beplan word, is die verdere herstel van slaggate, die finalisering van straatname asook die spuit van onkruidgif in die begraafplaas om sodoende die instandhouding gedurende die somermaande te vergemaklik, sowel as ’n herwinningsprojek waarby skole betrek word.

“Delmas Herleef is daar vir elke inwoner van Delmas. Elkeen wat voel dat hulle ’n bydrae wil maak deur skenkings van verf, onkruidgif, kontant of wat, wil deel word van die span deur met projekte te help, is welkom,” het dr. Martin van Rensburg, voorsitter gesê.

“Daar was reeds so veel skenkers, te veel om te noem, maar ons bedank elkeen vir hul bydraes tot die sukses van Delmas Herleef.”

Indien mense wil hande vat met Delmas Herleef, kan dr. Van Rensburg by 083 633 7335 geskakel word.

Een van die 11 kennisgewings wat deur Delmas Herleef in die dorp opgerig is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button