Local newsNewsStreeknuus

Pretstappers van Delmas se N.G. Kerk durf die koue aan

Na afloop van die staptog was ‘die ys gebreek’ en kon die stappers heerlik saam ontbyt eet en ’n lekker en welverdiende warm koffie geniet.

Dit was ’n tipiese koue en mistige winteroggend op Delmas.

Die koue kon egter nie die dapper stappers wat aan die N.G. Kerk se Moedergemeente se pretstap deelgeneem het, gekeer nie.

As deel van ’n geldinsamelings-inisiatief van die Moedergemeente en in samewerking met Die Tapkar, kon stappers kaartjies koop en so deel wees van die brawes.

Gewapen met stok en hoed het die deelnemers op Saterdag, 11 Junie die prettige staptog by Die Tapkar aangedurf.

“Ons het tydens vorige geleenthede om die dam gestap, maar het hierdie keer deur die lande op die plaas gestap. Die afstand was sowat 4.3km,” het Hannelie Steenkamp van Die Tapkar, gesê.

Na afloop van die staptog, is ‘die ys gebreek’ en kon die stappers saam ontbyt eet en ’n lekker en welverdiende warm koffie geniet.

“Ons het die pretstap as deel van ’n geldinsamelingsprojek vir die kerk gereël,” het ds. Izak du Toit, leraar gesê. “Ons beplan om dit meer gereeld te doen en mik daarna om dit ’n maandelikse instelling te maak.”

“Baie dankie aan almal wat deelgeneem het. Baie dankie ook aan Die Tapkar vir hul gasvryheid,” het ds. Du Toit afgesluit.

Dapper stappers geniet die vars plaaslug tydens die N.G. Moedergemeente se pretstap. (Foto: Verskaf)
Sommige van die stappers wat aan Die N.G. Kerk Moedergemeente se pretstap deelgeneem het stap deur die lande by Die Tapkar. (Foto: Verskaf)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button