Local newsNewsStreeknuus

Polisieman op N12 doodgeskiet, ’n tweede veg om sy lewe

Intussen het die minister van polisie, gen. Bheki Cele op Vrydag, 17 Junie besoek afgelê by die hospitaal waar Nhlapo glo steeds om sy lewe veg.

Die ongenaakbare afmaai van lede van die polisie het weer skerp onder die soeklig gekom.

Dit volg nadat twee lede van die polsie se blitspatrollie onlangs tydens die uitvoering van hul pligte op die N12 oorrompel en aangeval is.

Konst. Vusi Nhlapo (33) en sy kollega, adj.-off. Mokgadi Mpepe (53), is op Maandag, 14 Junie op die N12-hoofweg tussen die Etwatwa-afrit en Delmas geskiet.

Volgens inligting, het lede van die polisie se honde-eenheid wat besig was om die N12-hoofweg tussen Delmas en Daveyton te patrolleer, op die blitspatrollie-lede se voertuig afgekom.

Die minister van polisie, Bheki Cele, besoek die erg beseerde konst. Vusi Nhlapo. Foto: SAPS Facebook

Hulle het ’n polisievoertuig langs die pad gewaar en by nadere ondersoek Mpepe se lyk gekry.

Nhalpo is digby die toneel gevind.

Hy is glo vier keer geskiet en moes per ambulans na ’n hospitaal vervoer word.

Mpepe se dienspistool en boeie word vermis.

Die Sundra Bulldogs Buurtwag was ook op die toneel.

“Dit is sleg, een polisieman is doodgeskiet en die ander een vier keer geskiet.

“Dit was nie ’n mooi gesig nie.

“Ons ken die mense en help gereeld uit met patrollies en wanneer daar voorvalle op die N12 is,” het Derek Bester, voorsitter van die Bulldogs Streeknuus meegedeel.

Nooddienste is op die toneel op die N12 waar ’n lid van die blitspatrollie doodgeskiet en ’n ander ernstig gewond is. Foto: Sundra Bulldogs Buurtwag

Intussen het die minister van polisie, gen. Bheki Cele op Vrydag, 17 Junie besoek afgelê by die hospitaal waar Nhlapo glo steeds om sy lewe veg.

Cele het ook die familie van Mpepe in Thembisa besoek waar hy sy medelye met Mpepe se afsterwe uitgespreek het.

Die polisie het intussen enigiemand wat oor meer inligting beskik wat hulle met hul ondersoek na die voorval kan help, gevra om hul naaste polisiestasie te kontak.

Die Stop Misdaad nommer by 08600 10111 kan ook geskakel word of inligting kan anoniem op die MySAPSapp gepos word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button