Local newsNews

Lynette Beer praat by Val Boeredag

Merk nou 6 Julie in jou dagboek.

Die motiveringsspreker, Lynette Beer, is een van die persoonlikhede wat op Woensdag, 6 Julie by die Val Boeredag te siene gaan wees.

Beer het besef dat verhoudings met ander, veral in die werksplek, belangrik is en die vierkleur temperament-persoonlikheidstoets ontwerp.

Sy moes dié model al in London aanbied en Beer word vandag gesien as ’n leier as dit by verhoudings en hartsdinge kom.

Sy het ook al verskeie boeke geskryf en tree gereeld regoor Suid-Afrika as motiveringsspreker en grapjas op.

Moenie haar praatjie op Woensdag, 6 Julie by die Val Boeredag misloop nie.

Toegangsgeld vir die dag is R100 per volwassene en kinders jonger as 12 kan gratis ingaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button