Local newsNews

Herman Bronkhorst van Standerton ontvang nuwe rolstoel

Met dié nuwe rolstoel sal Herman gemaklik na die dokterspreekkamers geneem kan word.

Herman Bronkhorst van Standerton het ’n elektroniese rolstoel van Seriti op Dinsdag 21 Junie ontvang.

Herman is op vierjarige ouderdom met Duchenne Muscular Dystrophy gediagnoseer, ‘n genetiese kwaal wat gekenmerk word deur progressiewe spierdegenerasie en swakheid.

Sy ouma Grace en oupa Willem Bronkhorst versorg die 15-jarige.

Seriti is verteenwoordig deur Sizwe Moloi en Elizabeth Nukeri.

Ruan du Plessis en Elizabeth Nukeri was terwyl Herman uit sy warm bed verskuif word,

Met behulp van sy hystoestel, het Herman vir die eerste keer met sy nuwe rolstoel kennisgemaak.

Seriti het in 2017 ’n elektroniese rystoel geskenk, maar Herman se toestand het sodanig versleg dat ’n nuwe, groter een benodig is.

Die Muscular Dystrophy Foundation in Gauteng het die hystoestel georganiseer.

Herman moes gereeld na die Charlotte Maxeke Hospitaal in Johannesburg geneem word vir kortisoonbehandeling omdat

Standerton Hospitaal nie toegerus is om die kardiomonitering en neuro-muskulêre toetse te doen nie.

Met dié nuwe rolstoel sal Herman gemaklik na die dokterspreekkamers geneem kan word.

Die rugleuning kan platslaan en dit het ook opblaaswieletjies wat makliker oor ’n teerpad sal beweeg.

Oupa Willem het gesê dat hul by die agterdeur uitgaan vir doktersafsprake omdat daar nie trappies is nie.

“’n Dokter sal hom ook nou in sy stoel kan ondersoek,” het ouma Grace gesê.

Die ou rolstoel sal geskenk word aan iemand wat dit nodig het.

Herman het die Seriti-werknemers paslik in Engels bedank.

Herman Bronkhorst in sy splinternuwe rolstoel op Dinsdag 21 Junie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button