NewsSchoolsStreeknuus
Witties hou Oupa- en Oumadag
Oupa en Oumas het hulself uitgeleef in die feeverhaal tema
Laerskool Witpoort se Kaalvoet Kleuters se jaarlikse Oupa- en Oumadag het op Saterdag, 28 Mei plaasgevind.
Die tema vanjaar was feeverhale en die oupas en oumas het hulself uitgeleef in hul gunsteling-feƫverhaalkarakters.
Van Gouelokkies tot Robbin Hood het die oggend saam met hul kleinkinders geniet.
Kleuters het met groot opgewondenheid uitgesien na diƩ dag en het met entoesiasme hul oupas en oumas vermaak deur opvoerings op die verhoog.
Van die kleinste kaalvoet-babatjie tot die oudste kleuters was deel van hierdie spesiale oggend.
Die oggend is afgesluit met sop en broodjies, sjerrie en saamkuier.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



