Zanica Grobler van Laerskool Witpoort blink uit in perdry en in tuimel
Dié danser en haar perd, CG Aquarelle, is ’n wenspan.
Witpoort-inwoner, Zanica Grobler, het aan haar eerste Stadium Eventing-skou deelgeneem by Fourways Riding Centre op Saterdag, 4 Junie.
Stadium Eventing is ’n lang baan met 16 versperrings waarvan twee derdes moeiliker is omdat dit oor stompe, dromme, bande, water en struike is.
Baie perde weier om oor vreemde hindernisse te spring en daar was ’n hele paar ruiters en perde wat is op dié dag uitgeval het.
Zanica en haar perd, CG Aquarelle, het die baan voltooi en ’n derde plek verwerf.
Sy is nie net fluks op ’n perd se rug nie, maar is ook ’n kranige danser.Zanica dans by ChaNic School of Dance.
Sy het op 11 Junie aan haar tweede Noord-Gautengse tuimelkompetisie by die Tuks Sportsentrum deelgeneem.
Sy het ’n silwer medalje verwerf en het gekwalifiseer om op 30 Julie aan die Gautengse Distrikskompetisie deel te neem waar sy dan moet kwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse Kampioenskap in wat Oktober sal plaasvind.




