Local newsNewsStreeknuus

Jeuglede van Delmas se AfriForum-buurtwag maak parkie skoon

“Slegs met die hulp en bystand van ons eie gemeenskap kan ons die oorlog teen die verval van ons dorp te bowe kom.”

Die jeug van Delmas se AfriForum Valke Buurtwag het besluit dit is tyd om vir die parkie in Samuelweg ’n nuwe baadjie aan te trek.

So gesê, so gedaan en op ’n koue Saterdagoggend, 9 Julie het twee jeuglede die taak op ’n trekker aangepak.

Die parkie is op die hoofingang van Delmas en was ’n seeroog vir beide inwoners en besoekers.

Lede van AfriForum se Valke Buurtwag daag by die watertoring in Uyslaan in uitbreiding 4 in Delmas.

Nadat die parkie se gras kort gesny is, was dit die beurt van die oop grond waarop die watertoring in Brandlaan, Delmas-wes staan.

Ook hier is skoongemaak nadat klagtes ontvang is dat dwelmgebruikers en kriminele daar in die lang gras skuil.

Ná ’n lang dag se werk, kon die verskil duidelik gesien word.

“Die munisipaliteit faal daarin om ons parke of enige iets op Delmas in stand te hou.

Hennie Rheeder (op die trekker) en Pieter Botes sny die gras in die parkie in Samuelweg.

“Alles verval, ons paaie, ons infrastruktuur, ons het nie meer verkeersligte nie, straatligte werk nie, eintlik alles wat in stand gehou moet word, werk nie meer nie.

“Daarom gryp plaaslike gemeenskapsgroepe soos Delmas Herleef en die burgerregteorgansisasie AfriForum gereeld in en doen self instandhouding,” het die voorsitter van AfriForum se tak op Delmas, Carel Botha, gesê.

Botha het vir Hennie Rheeder vir die sny van die parkie en die gebruik van die trekker bedank.

Die lang gras by die watertoring in Brandlaan word gesny.

“Dankie ook aan Pieter Botes wat vir Hennie bygestaan het asook ander lede van die buurtwag en publiek wat kom oë wys het en gehelp het.”

“Slegs met die hulp en bystand van ons eie gemeenskap kan ons die oorlog teen die verval van ons dorp te bowe kom.

“Dit is verblydend om te kon sien dat ons jeug nou ook die belangrikheid van projekte soos hierdie sien en inspring om te help.

Ons sal self,” het Botha afgesluit.

Hier is twee van Delmas se AfriForum-jeuglede, Hennie Rheeder en Pieter Botes, hard aan die werk.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button