KragDag bied idees om beurtkrag te oorkom
Dié ekspo, wat net 20km oos van Pretoria op Diamantvallei Landgoed plaasvind, is die grootste alternatiewe energie en selfstandigheidekspo in die land met meer as 500 ondernemings wat vanjaar daaraan deelneem.
As jy oplossings soek vir voortdurende beurtkrag of as jy moeg is vir al die ander probleme in Suid-Afrika en self iets wil doen om jou hierteen bestand te maak, is ‘n besoek aan Sakeliga KragDag 2022 ‘n moet.
KragDag vind vanjaar van Donderdag, 11 Augustus tot Saterdag, 13 Augustus plaas.
Dié ekspo, wat net 20km oos van Pretoria op Diamantvallei Landgoed plaasvind, is die grootste alternatiewe energie en selfstandigheidekspo in die land met meer as 500 ondernemings wat vanjaar daaraan deelneem.
Die ekspo wat die oppervlak van 12 rugbyvelde beslaan, was in 2021 deur sowat 21 000 besoekers bygewoon en is ‘n platform vir inspirasie en inligting vir elke aspek van ‘n selfstandige leefstyl: van alternatiewe energie, voedselverbouing, veiligheid en nuwe tegnologie, opvoedkunde, entrepreneurskap en buitelewe.
In die raadsaal is ook verskeie aanbiedings oor aktuele- en selfstandigheidsoplossings.
Die ekspo se landbou-subekspo, in samewerking met TLU, bied nie net iets vir opkomende en gevestigde boere in die graan-, vee- en gewasbedryf nie, maar ook vir die kleinskaal en agterplaas boer.
Daar is ‘n propvol arena- en skouringprogram, waarvan die streekuitdunne van Plaasmedia se jaarlikse Toyota Junior Afslaerskompetisie een van die hoogtepunte is.
Sakeliga KragDag is nie net ‘n koue handelskou nie, maar is ‘n heerlike gesinservaring met genoeg vermaak vir die kinders,
Daar ‘n kou- en kunsmark, ‘n reuse verskeidenheid kos en ‘n biertuin met verhoogoptredes.
Om die meeste van die ekspo te maak, kom kamp sommer in die KragDag-kampterrein met jou eie woonwa of tent, of in die reeds ingerigte tente.
As ‘n ligte vliegtuig jou vervoermiddel is, kan jy op die Rhino Park-vliegveld land en die pendeldiens na die ekspo benut.
Vir helikoptereienaars is daar ‘n landingstrook op die ekspo se perseel.
Koop vandag nog jou kaartjie aanlyn en kry 50% afslag – dit gee jou toegang vir al drie ekspo-dae.
Besoek www.kragdag.co.za vir meer inligting.



