NewsSchoolsStreeknuus

Hoërskool Erasmus op Bronkhorstspruit bring die Stadsbeker huis toe

Die 0/15-span het die Wilgers met 12–7 te klop.

Die 0/15-rugbyspan van Hoërskool Erasmus op Bronkhorstspruit het die gewilde Stadsbeker verower.

Die 0/15- en 0/16-spanne het op Saterdag, 23 Julie aan die eindstryd in hul kategorie van die Bloubulle se afdeling-drie by die Wilgers Hoërskool in Pretoria deelgeneem.

Die 0/15-span het die Wilgers met 12–7 geklop.

Die span het met die Stadsbeker huis toe gekeer.

Henry Alisson, sportbestuurder by Hoërskool Erasmus en afrigter van die 0/15-span, asook die mede-afrigter, Stephan Janse van Vuuren, het die span geluk gewens met hul oorwinning in die Stadsbeker.

“Ons is baie trots op julle.”

Die 0/15- en 0/16-spanne neem ook op Saterdag, 30 Julie aan die Virsekerbeker-reeks deel.

Dié wedstryde vind op Hoërskool Erasmus se tuisveld plaas en beloof om uitstekende rugby aan die spelers en toeskouers te bied.

Die 0/15-span kom teen Hoërskool Bergvlam te staan terwyl die 0/16’s teen Hoërskool John Vorster in die stryd tree.

Ferdinand von Staden skop pale toe.
Jurie Venter neem die bal tydens die lynstaan.
Njabulo Mjali nael vir die doellyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button