Local sportMunicipalNewsSportStreeknuus

Delmas val vas in halfeindstryd

Tydens die semi finaal het Vanderbijlpark egter die bordjies verhang en wen hulle die span van Delmas met slegs een punt.

’n Seisoen van harde, maar suksesvolle ligarugby vir die spelers van Delmas Rugbyklub het ten einde geloop. Dit nadat die klub tot die halfeindronde van die Valke Rugby se Kestrel-liga deurgedring het.

Die klub het op Saterdag, 9 Julie teen die span van Vanderbijlpark op Delmas gespeel en met die blaas van die eindfluitjie het Delmas met 28-24 van die span van Vanderbijlpark geseëvier.

Albei spanne het weer op Saterdag, 16 Julie tydens die halfeindronde in Vanderbijlpark teen mekaar te staan gekom om ’n plek in die eindstryd los te speel.

Tydens die halfeindronde het Vanderbijlpark egter die bordjies verhang en Delmas met slegs een punt geklop. Die eindtelling was 14-13.

“Dit was ’n goeie wedstryd. Albei spanne het briljant gespeel. Ons het vir die grootste gedeelte van die wedstryd voorgeloop, maar in die laaste 20 minute het Vanderbijlpark ’n drie gedruk,” het afrigter Jandré Senekal gesê.

“Ons manne se harte was maar ’n bietjie seer. Dit was net een punt verskil wat beteken het dat ons nie in die eindstryd kon speel nie.”

Volgens Senekal het Delmas Rugbyklub ’n paar planne in die pyplyn vir 2023 se seisoen. “Ons moet nou net ons spelers gemotiveerd en bymekaar hou.”

Die span het dit eens dat hulle uitsien om die gemeenskap van Delmas gedurende die volgende seisoen met puik rugby op die paviljoen vasgenael te hou.

Die Kestrel-liga het op Saterdag, 23 Julie ten einde geloop. Die twee rugbyspanne wat in die eindstryd teen mekaar gewedywer het, was Vanderbijlpark en Heidelberg.

Heidelberg is as ligawenners gekroon.

Delmas Rugbyklub en Vanderbijlpark Rugbyklub in ’n stryd gewikkel tydens die laaste kwalifiserende wedstryd op Delmas.
Eugene Coetzee van Delmas wys dat hy nie maklik gestop gaan word nie.
Vanderbijlpark bring ‘n Delmas-speler grond toe tydens die wedstryd wat op Saterdag, 9 Julie gespeel is.
Die span van Delmas kniel saam na ’n suksesvolle wedstryd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button