Nuwe hoof aan die stuur van sake by Laerskool Balmoral
Van Aswegen het tydelik sedert April verlede jaar as skoolhoof waargeneem nadat die vorige hoof, Hanna Buitendag, afgetree het.
Die personeel van Laerskool Balmoral is opgewonde oor ’n splinternuwe era wat by die skool aangebreek het.
Dit volg nadat Suné van Aswegen die leisels as hoof van die skool oorgeneem het.
Van Aswegen het tydelik sedert April verlede jaar as skoolhoof waargeneem nadat die vorige hoof, Hanna Buitendag, afgetree het.
Van Aswegen se loopbaan by die skool het reeds in 2016 afgeskop en sedert 2019 was sy departementshoof aan die skool.
Die Departement van Basiese Onderwys het op Vrydag, 12 Augustus, amptelik laat hoor dat Van Aswegen permanent in die pos as hoof van die skool aangestel is.
“Dit is belangrik dat elke leerder van Laerskool Balmoral moet weet dat hulle kosbaar is en dat met spanwerk en motivering, elke leerder sy of haar volle potensiaal sal bereik,” het Van Aswegen laat hoor.



