Local newsNewsStreeknuus

Bronkhorstspruit-kunstenaar Riaan Jacobs se werk laat mense praat

Jacobs verken ook die veranderende verhoudings tussen populêre kultuur, en die van die huidige kunslandskap in Suid-Afrika.

Riaan Jacobs, ‘n kontemporêre Suid-Afrikaanse kunstenaar en illustreerder, se kunswerke laat mense oor kwelkwessies dink.

“My kuns kyk krities na sosiale, politieke en die kulturele impakte op die samelewing,” het Jacobs verduidelik.

“Ek verwys ook gereeld na die impak wat geloof op die mensdom het,” het hy uitgebrei.

Jacobs woon op ‘n plaas net buite Bronkhorstspruit saam met my lewensvennoot, Thabo, en hulle twee honde-kinders, Oscar en Arthur.

Hy het ‘n ingebore liefde vir die plaaslewe.

Die 49-jarige Jacobs het op ‘n melkplaas in die Vereeniging-omgewing grootgeword.

Ná hy in 1992 gematrikuleer het, het hy grafiese ontwerp by die Vaaldriehoek Technikon, nou die Vaal University of Technology (VUT) studeer, en in 1996 het hy sy nasionale Diploma in Grafiese Ontwerp verwerf.

“Ek het vanaf 1997 tot 2011 as ‘n grafiese ontwerper en sub-redakteur vir Media24 se gemeenskapskoerante gewerk. Sedertdien is ek ‘n voltydse kunstenaar en illustreerder en doen vryskut grafiese ontwerp,” het Jacobs vertel.

Jacobs verken ook die veranderende verhoudings tussen populêre kultuur, en die van die huidige kunslandskap in Suid-Afrika.

“Deur die uitbeelding van temas wat onderwerpe insluit soos gayregte, depressie en die Suid-Afrikaanse en veral die groeiende Afrikaner-kultuur en ook pre- en post apartheid-temas, raak my werke baie emosies en kwessies aan wat soms ontstellend kan wees vir mense,” het hy gesê.

Jacobs gebruik ‘n verskeidenheid mediums en style wat soms voorkom of dit nie saamwerk nie, maar dit word so gedoen om die boodskap oor te dra en spanning te veroorsaak met die temas wat hy aanraak.

“Gedurende my navorsing vir projekte, lei dit dikwels na nuwe belangstelling in temas, en moontlike gebruik van nuwe mediums,” het Jacobs vertel.

Kunstenaars wat ‘n groot invloed op sy styl van skilder en illustrasiewerk het, is Chris Diedericks, William Kentridge, Diane Victor, Walter Battiss, Dumile Feni, Frida Kahlo, Andy Warhol, Marc Chagall, Pierneef en Peet Pienaar.

Jacobs se werk kan gesien word op sy Instagram-blad: riaanjacobsbetheartist73 asook op Facebook: Ironear pottery & scarred bunnies and art.


Riaan Jacobs gebruik baie simboliek in sy kunswerke om sy boodskap oor te dra.
Die temas van Riaan Jacobs se kunswerke maak mense dink oor baie kwessies.
Riaan Jacobs werk aan ’n kommissie-kunswerk in sy studio.
Riaan Jacobs werk aan ’n kommissie-kunswerk in sy studio.
Riaan Jacobs werk aan ’n kommissie-kunswerk in sy studio.
Riaan Jacobs, Suid-Afrikaanse kunstenaar en illustreerder.
Riaan Jacobs saam met Oscar en Arthur by sy plaashuis.
Riaan Jacobs se eg Suid-Afrikaanse kunswerke.
Riaan Jacobs se kunswerktemas maak mense dink oor baie kwessies.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button