Local newsNews
Funtazia Kleuterskool op Sundra se troeteldierweek sorg vir groot pret
“Die twee gelukbringers, Lucy en Lewis, se besoek aan ons skool het die kleuters vermaak en het beslis vir ’n hoogtepunt in die troeteldier tema gesorg.”
As deel van Funtazia Kleuterskool op Sundra se prettige, maar leersame week oor troeteldiere, het ’n plaaslike troeteldierkosvervaardiger die skool besoek.
Die twee gelukbringers, Lucy, die kat en Lewis, die hond, het op Donderdag, 20 Oktober vir die kleingoed van Funtazia groot vermaak gebring.
“Gedurende die troeteldierweek het ons vir die jong leerdertjies geleer hoe om hulle diere te versorg en dat hulle daagliks vir hul diere skoon en vars water asook kos moet gee,” het Pauline Plotz, skoolhoof by Funtazia laat hoor.
LEES OOK: Photographic alchemist from Cullinan prefers old methods
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!






