Hengelaars gaan groot by jaarlikse Baber- en Karpfees by Grootdraaidam
’n Bedrag van R25 000 was op die spel vir die gootste baber en R10 000 vir die grootste karp.
Die jaarlikse Pick n Pay Baber- en Karpfees het op Saterdag 29 Oktober by Grootdraaidam plaasgevind.
Altesaam 221 kaartjies is verkoop en daar was 43 bote op die dam.
Die ander hengelaars het vanaf die oewer lyne natgemaak.
’n Bedrag van R25 000 was op die spel vir die grootste baber en R10 000 vir die grootste karp.
Gelukkige trekkings het ook plaasgevind.
Willem Rossouw en Jandré Moll het onderskeidelik die grotes aan wal gebring.
Rossouw se baber het op 13.34kg ingeweeg en Moll se karp 4.72kg.
Die organiseerders het Pick n Pay en die ander borge bedank wat tot die sukses van die dag bygedra het.
Hoewel dit ’n nat en koue oggend was, het die organiseerders dit as ’n jaarlikse hoogtepunt beskryf.




