Standerton-middedorp se boomerfenis bly in die slag
Venter het gesê dat ’n kontrakteur van die Lekwa Munisipaliteit die takke afgesaag het omdat dit groot kragprobleme veroorsaak het.
Iemand waarvoor natuurbewaring na aan die hart lê, het die snoei van plataanbome by die kruising van Paarl- en Von Bachströmstraat ’n verwoesting en skande genoem.
Sanpat Coetzee, bestuurder van die Kosmos Aftree-oord, is ’n SANparke Ereveldwagter en het die afgelope week met die Standerton Advertiser in verbinding getree.
“My hart breek elke keer as ek daar verby ry,” het Coetzee gesê.
“As hulle bome wil saag, sal ek liewer ’n geldinsameling hou dat ons bekwame botaniste kry.”
Sy het kommer uitgespreek dat nog bome in die slag kan bly.
Die koerant het Wilma Venter, wykraadslid van die Vryheidsfront Plus, via WhatsApp, op Woensdag 2 November gekontak om agter die kap van die byl te kom.
Kommentaar is ook aangevra. Venter het gesê dat ’n kontrakteur van die Lekwa Munisipaliteit die takke afgesaag het omdat dit groot kragprobleme veroorsaak het.
Volgens die raadslid, het drie kabels afgebreek.
LEES OOK: Geregtigheid vir Angie, eks-kêrel sit lewenslank
LEES OOK: Vote of no confidence in Lekwa mayor and speaker rejected overwhelminlgly



