Local newsNews

Soektog duur voort na jong man wat in Morgenzon-omgewing verdwyn

Volgens die familie-woordvoerder, bestaan die vermoede dat Kruger vroegoggend oor ’n laagwaterbruggie in die omgewing gery het en is duikers ook ontplooi.

Die soektog na die 29-jarige Willem Kruger gaan steeds voort.

Volgens Marilé Nieuwoudt, wat namens die familie praat, word alle leidrade opgevolg.

Kruger het ’n funksie die afgelope naweek by Henbase Lodge naby Morgenzon bygewoon.

Die vermoede bestaan dat hy vroegoggend oor ’n laagwaterbruggie gery het om by sy bestemming uit te kom.

Hy was op pad na Groblersdal.

“Die reën bemoeilik die soektog,” het Nieuwoudt gesê.

Die vlakke van die Vaalrivier styg ook. Duikspanne van die polisie, en Bethal se CPF is ontplooi om na hom te soek.

Privaathelikopters is ook ingespan.

“Ons volg alle konkrete leidrade op,” het Nieuwoudt ook gesê.

“Ons waardeer mense se omgee wat ons hoop gee.”

Skakel haar by 071 873 1184 met enige inligting.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Themba Vukeya

Experienced journalist and news editor skilled in creating compelling digital content. Expertise includes breaking news, feature writing, and engaging storytelling across diverse stories.

Related Articles

Back to top button