Die besigheidsliga het op 13 Oktober weer by die Bronkhorstspruit Rolbalklub afgeskop.
“Ons is bly om vanjaar MTN as ’n borg van die liga te hê,” het John O’Connell, president van die rolbalklub gesê.
Vanjaar neem agt besigheidspanne vanaf Bronkhorstspruit deel aan die liga wat oor sewe weke elke Donderdagaand gespeel word.
Heelwat jongmense is hierdie keer op die baan. Lourens Prinsloo (9) en sy broer Gerhard Prinsloo (8) is die jongste spelers.
Hulle sal saam met hul pa, Thys Prinsloo deelneem. Daar is nog drie weke oor van die liga, so enige span het steeds ’n kans om die ligabeker te wen.
“Ons wil dankie sê aan MTN wat sorg dat daar na elke spel ’n prys vir die wenners is, asook vir die groot prys op 24 November wanneer die eindstryd afspeel,” het O’ Connell afgesluit.






