Twee dansers van Cullinan het die dorp en hul dansskool, Dance-at-Work, se name hooggehou op vanjaar se dansfees wat op 4 en 5 November by Stage Quest plaasgevind het.
Shené Schoombee (12) en haar jonger suster, Leané (9), het deelgeneem aan die genres: lirieke (lyrical) wat klem lê op die lirieke van ’n lied en uitgebeeld word deur die gebruik van ballet; disco-dans wat hoë- impakbewegings vereis, en akrobatiese dans wat uit 50% dans en 50% toertjies bestaan.
In die Hallelujah-groepdans het hulle goud verower, asook ’n spesiale toekenning en ook ’n prys vir die beste choreografie.
Met die Warfare-akrobatiese groepdans het hulle met goud weggestap, en is ook as afdelingswenners aangewys.
Hier het hulle ook ’n spesiale toekenning verower.
Die Beat Disco-groep waarin die Schoombee-sussies gedans het, het ook goud verower.






