Local newsNews

Jeugpastoor maak tyd vir oefening onder die jongklomp op Standerton

Sy teologiese studies is in Julie 2016 deur die Volle Evangelie Kerk se kollege in Irene, Pretoria aangepak.

Reon Schutte is die jeugpastoor by die VEK Kruisgenerasie op Standerton sedert die verhuising van Kobus Buys verlede jaar na Polokwane.

Reon is reeds vir etlike jare betrokke by dié kerk, eers as gemeentelid saam met sy ouers en daarna jeugleier.

Hy het sy skoolopleiding eers by Laerskool Jeugkrag begin en daarna Laerskool Standerton en dit by Hoërskool Standerton in 2015 afgesluit.

’n Week na die eindeksamen het hy by ’n kontrakteur van Tutuka Kragstasie begin werk.

Na ’n jaar het Reon hom na die IT-wêreld gewend en was tot November verlede jaar in diens by ’n maatskappy op die dorp.

Sy teologiese studies is in Julie 2016 by die Volle Evangelie Kerk se kollege in Irene, Pretoria aangepak.

“Ek het die drie-jaar-kursus aanlyn gedoen,” het Reon gesê.

Toestemming is gegee dat hy steeds kon werk voordat hy voltyds as jeugpastoor uitgereik het.

Reon het van meet af die behoefte aan ontspanning onder die jeug raakgesien en ’n plan beraam.

Vrydagaande vanaf 17:00 is die aangewese tyd om hom saam met die jeug in die oorkantste veld te sien.

Dan word daar vlugbal gespeel totdat die aand se aanbidding en diens begin. Hy het op skool hooggespring en rugby gespeel en die 800m en 1 500m gehardloop.

Reon kyk graag krieket en rugby op televisie en vat die pad Grootdraaidam toe vir hengeluitstappies.

Hy kon net bloot met sy hande wys hoe groot daardie grote was, wat hy uitgetrek het.


LEES OOK: Dewald Gouws sing by herlewingsaand op Bethal


Past. Gerhard Swart, self bedrewe op die kitaar, het vir hom ’n kitaar gekoop om die samesyn by dienste te bevorder.

Op sy lessenaar is ’n foto van sy verloofde en past. Gerhard sal die huwelikseremonie op 3 Desember behartig.

Helmin Helforscee van Middelburg, ’n jeugwerker by die kerk daar, is volgens hom al kliphard besig met die troureëlings.

Die trourok hang so te sê in die kas. Reon het ’n woonstel op die dorp bekom en uit sy ouerhuis getrek.

Die kombuis is nie vir hom ’n vreemde omgewing nie en hy kan self iets aanmekaar slaan.

Die Vollies se jeugpastoor beplan ook om ’n selgroep vir ouer lidmate op die been te bring.

“Ek het maar altyd geweet ek is vir die bediening geroep.”


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button