Local newsNewsStreeknuus

Delmas se VLU-tak herorganiseer tydens besige oorsigvergadering

Volgens Swart was van die hoogtepunte wat uitgelig was, dié van Rocco de Villiers se optrede op sy goudgeel klavier tydens die gala aand.

Delmas se Vroue Landbou-unie se norm is om in November die jaar wat verby is sowel as die jaar wat voorlê, in oënskou te neem.

Hierdie geleentheid van oorsig en beplanning het vanjaar op Dinsdag, 15 November in die saal van die Hervormde Kerk op Delmas plaasgevind.

Met die voorsitter, Marié Terblanche se afwesigheid, het Belinda Duvenhage die voorsitterstoel ingeneem.

“Duvenhage het die vergadering konstruktief en met oorleg gelei. Sy het ’n volledige en goed deurdenkte verslag gelewer rakende die Mpumalanga-kongres,” het die skakelbeampte, Magriet Swart laat hoor.

Volgens Swart was van die hoogtepunte wat uitgelig is, dié van Rocco de Villiers se optrede op sy goudgeel klavier tydens die gala-aand.

Jan Hendrik van der Westhuisen, die enigste Suid-Afrikaanse sjef wat tot dusver die gesogte Michelin Star gewen het, is ook as hoogtepunt uitgelig.

Taknuus was ook op die agenda. Tydens die SAVF se kermis het Magriet Swart en Eileen Putter die kerrie-en-rys-stalletjie behartig. Na afloop van die kermis kon ’n kontantbedrag sowel as ’n bakkie kerrie-en-rys aan elke inwoner van Ons Eie Ouetehuis op Delmas oorhandig word.

“Ons bedank in besonder vir Adriaan Swart, Catherine de Lange en Petro Vosloo wat bygedra het tot die sukses van die oggend.”

Die tak se jaarafsluiting uitruilgeskenke is verder bespreek.

“Ons gaan dit op ’n kreatiewe manier by Jana se Flink Dink Studio vier, waar ons onder andere planthouers gaan verf en versier,” het Swart gesê.

Na afloop hiervan was dit tyd om ’n nuwe sekretaresse vir die tak te verkies. Marie Jordaan het die verkiesing waargeneem en daar is eenparig besluit dat die tak se nuutste lid, Ansie van Zyl, die eer sou toekom.

“Teetyd was asemskeptyd en hier tydens het gasvroue,, Marie Jordaan en Susan Cronjé, vir heerlike verversings gesorg.”

Daarna was dit tyd om 2023 se jaarprogram saam te stel met sameroepers en gasvroue vir elke vergadering.

“Uitstappies en werksklasse gaan sorg vir leersame geleenthede.”

Daar was boonop die oggend miniskou gehou en Elsie Bredenkamp was teenwoordig om die beoordeling te doen.

“Ons sien ook daarna uit om nuwe lede te verwelkom. Alle vroue is welkom om te kom kuier en die opwinding en nuuthede te kom smaak.”

Belangstellendes word genooi om vir Marié Terblanche by 083 968 2203 te skakel.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button