Local newsNews

Oosterland-onnies samel kos in vir SAVF op Secunda

Skool wil nou maandeliks items insamel vir organisasie.

Hoërskool Oosterland se onderwysers het onlangs met ’n nuwe inisiatief begin en in November nie-bederfbare kos en toiletware vir die SAVF Kinder- en Jeug Omgeesentrum en die SAVF ingesamel.

Dié sentrum het onlangs deure oopgemaak en Oosterland se skakelbeampte, Claudia Venter, het gesê omdat Oosterland se leuse skool met hart is, het hulle besluit om die onnies met hartprojek te begin.

Een van die onderwysers, Helga du Preez, het met die idee vorendag gekom en Venter het gesê hulle wil probeer om dit as ’n volhoubare projek te hanteer en nie net ’n eenmalige projek nie.

“Ons wil nou die boks in die personeelkamer hou en maandeliks onder die onderwysers vir die SAVF items wat hulle benodig, soos kos, insamel,” het Venter gesê.



ALSO READ: SPS awards gold merit badges

ALSO READ: 24/7 Toll Free Help Line Counselling for 2022 learners during exams

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button