Local newsNewsStreeknuus

AfriForum herstel slaggat by polisiestasie

“Die AfriForum Delmas-tak is daarom bereid om met die samewerking en hulp van enige instansie of individue ons dorp se verval te help stuit. Saam kán ons ’n verskil maak.”

By die ingang van die polisiestasie op Delmas, was daar tot onlangs nog ’n yslike slaggat wat die toegang tot die perseel bemoeilik het.

Die plaaslike AfriForum-tak het daarom op Vrydag, 11 November ingespring om die perseel vir polisievoertuie, sowel as dié van die publiek, meer toeganklik te maak. AfriForum se Delmas-tak het die teer vir die projek voorsien.

Ten spyte van die ongure weer en reën wat gedreig het om die projek in die wiele te ry, kon die massiewe slaggat herstel word.

Met die hulp en bystand van die voorsitter van die plaaslike AfriForum-tak, Carel Botha saam met André Swanepoel van Delmas Herleef is die gat gou herstel.

“Dit was veral verblydend om te sien hoedat die plaaslike gemeenskappolisiëringsforum (GPF) sowel as van die gemeenskap-in-blou se lede ook vrywillig kom hand bysit het,” het Botha gesê.

“Die totale verval van infrastruktuur op Delmas is ooglopend. Die AfriForum Delmas-tak is daarom bereid om met die samewerking en hulp van enige instansie of individu ons dorp se verval te help stuit. Saam kán ons ’n verskil maak,” het Botha bygevoeg.

Die bevelvoerder van die Delmas Polisie, kolonel Sipho Sithole, het op sy beurt sy dank uitgespreek teenoor Botha, die AfriForum Delmas-tak sowel as al die betrokke partye vir die vul van die slaggat.


LEES OOK: Delmas se VLU-tak herorganiseer tydens besige oorsigvergadering


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button