AfriForum-buurtwagte behou momentum in stryd teen misdaad
AfriForum-lede het ’n hommeltuig ontplooi om te help met die soektog. In samewerking met verskeie rolspelers vanuit die veiligheidsnetwerk was die verdagte kort daarna opgespoor en in hegtenis geneem.

AfriForum se gemeenskapsveiligheidstrukture waarvan daar tans 159 is, het die afgelope week talle suksesse behaal in die stryd om hul gemeenskappe te help beveilig.
In die vroeë oggendure van Sondag,13 November het die Brakpan-buurtwag gereageer op berigte van ’n voertuigongeluk op die R23.
Een van die voertuie het aan die brand geslaan en die bestuurder was in die wrak vasgekeer.
AfriForum-lede, in samewerking met ander privaat rolspelers, kon daarin slaag om die bestuurder uit die brandende motor te red en het die toneel beveilig terwyl die AfriForum-brandspan die vlamme geblus het.
LEES OOK: Community stops Charl Cilliers water project
Die Pionier-tak in Pretoria se buurtwaglede het op Maandag, 14 November ’n inbreker vasgetrek. Die verdagte was in besit van verskeie vermeende gesteelde items, asook toerusting om inbrake mee uit te voer. Die verdagte is aan die polisie oorhandig.
’n Buurtwaglid in Secunda het ook op Woensdag, 16 November ’n vermeende dwelmtransaksie opgemerk. Die lid het die verdagte onder oog gehou en die polisie ontbied.
AfriForum se Delmas Buurtwag het op Donderdag, 17 November ’n ontsnapte gevangene help vastrek. Die verdagte het uit ’n polisievoertuig by die Delmas Landdroshof ontsnap en op die vlug geslaan. AfriForum-lede het
’n hommeltuig ontplooi om te help met die soektog. In samewerking met verskeie rolspelers vanuit die veiligheidsnetwerk, is die verdagte kort daarna opgespoor en in hegtenis geneem.
LEES OOK: Sharon-Lee Stander van Bronkhorstspruit baklei voort
AfriForum-lede was hierdie week ook betrokke met die soektog na die jong boer van Mpumalanga wat vermoedelik deur vloedwaters meegesleur is.
AfriForum se lugvleuel het ook ’n hommeltuig ontplooi. Teen druktyd het die soektog steeds voortgeduur.
“Die ongelooflike suksesse wat ons buurtwagte daagliks behaal, wys net weer dat goed georganiseerde gemeenskappe werklik ’n verskil kan maak deur beheer van hul eie veiligheid te neem,” Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid, gesê.
“Dit is duidelik dat hoe meer mense betrokke raak by hul plaaslike veiligheidstrukture, hoe meer suksesse behaal ons,” sluit Broodryk af.



