Local newsNews

Bethal VLU-tak hou laaste vergadering vir 2022

Belangstellendes is welkom om eerste vergadering in 2023 by te woon.

BETHAL – Dié dorp se tak van die Vroue Landbou-unie (VLU) het hul jaar op Dinsdag, 22 November met ’n ete by die Bethal Gholfklub afgesluit.

Ds. Johan de la Guerre het die vergadering geopen skriflesing en gesê mense moet hul harte soos Hanna van die Bybel, voor die Here uitstort in alle situasies in hul lewens.

Een van die VLU-lede het soos kersmoeder aangetrek en interessante staaltjies vir die lede vertel.

Die tak vergader weer op Dinsdag, 17 Januarie in die N.G. Kerk Bethal-Oosgemeente se saal en belangstellendes is welkom om dié eerste vergadering van 2023 by te woon.

Vir meer inligting, skakel Lynette Posthumus by 072 203 6230.



LEES OOK: Vermeende rower loop hom in stewige veiligheidsnetwerk op Delmas vas

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button