Secunda VLU-tak sluit jaar af
Belangstellendes is welkom om eerste vergadering in 2023 by te woon.
SECUNDA – Die Vroue Landbou-unie (VLU) van Secunda het op Woensdag, 23 November hul jaar met ’n ete in Die Rots-saal by die N.G. Kerk Secunda-Oos/Goedehoop-gemeente, afgesluit.
Hulle het ook hul bestuur vir 2023 aangewys wat bestaan uit Rosa Black (voorsitter en skakelbeampte), Teresa de Wet (vise-voorsitter en sekretaris), Magda Schwab (tesourier), Mariana Bowker (kompetisie-sameroeper), Lettie Visser (addisionele lid) en Annemarie Kruppa (addisionele lid).
Dié tak vergader weer op 11 Januarie om 09:00 in Die Rots en belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.
Vir meer inligting, skakel Black by 082 586 9638.
LEES OOK: VLU se Kaalspruit-tak op Standerton beraam planne vir volgende jaar



