Local newsNews

Ontmoet Cullinan Polisiestasie se nuwe bevelvoerder

Volgens luitenant-kolonel AC Gertzen is die eienskappe van ’n goeie polisieman hoë werketiek, lojaliteit, hoë morele waardes en ’n groot verantwoordelikheid aan die gemeenskap en die SAPD. .

Luitenant-kolonel Albert Christiaan (AC) Gertzen is die nuwe bevelvoerder van die Cullinan Polisiestasie. 

Hy is op 1 November in dié pos aangestel en lewer al getroue diens aan SAPD vir die afgelope 27 jaar.

Gertzen (58) het in Pretoria grootgeword, maar woon al sedert 1994 op Rayton saam met sy vrou, Karen, wie self ook ’n kaptein is verbonde aan die Welbekend Polisiestasie.

Die egpaar het twee dogters en ’n seun en is die troste grootouers van drie kleinkinders. Hy is ’n gesinsman en dit is vir hom belangrik om sy vrye tyd saam met sy familie bestee.

Toe Gertzen se broer destyds ’n polisieman geword het, het dit ook by hom ’n belangstelling geprikkel.

“Ek het nog altyd ’n passie vir dié soort werk gehad,” het Gertzen vertel.

Hy geniet speurwerk maar verkies sigbare polisieëring van die Vispol-afdeling (visible policing). Sy eerste dag as polisieman is steeds vir hom ’n uitstaan-oomblik.

Gertzen het gereeld met lewensgevaarlike gebeure te doen gehad toe hy as jong polisieman ’n lid van blitspatrolie in Pretoria was. Voor sy bevordering tot bevelvoerder op Cullinan, het hy ook op Welbekend gewerk.

Gevra wat maak ’n goeie polisieman, het Gertzen gesê: “Hoë werketiek, lojaliteit, hoë morele waardes en ’n groot verantwoordelikheid aan die gemeenskap en die SAPD.”

Gertzen het inwoners gemaan om meer bedag te wees tydens die feesseisoen.

“Wees op jul hoede. Kommersiële misaad is nou volop waar kastige verkopers items aanlyn lys en potensiële kopers met ’n slapriem vang deur nooit die items beskikbaar maak nie of selfs nie eens die items in hulle besit het nie. ”Wees waaksaam,” het hy afgesluit.


LEES OOK: Volunteer for a day at the Delmas Animal Shelter

LEES OOK: Cops nab two suspected dagga dealers in Bronkhorstspruit

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button