Local newsNews

Standerton-inwoner is bekommerd oor mangat

Lekwa Munisipaliteit los een probleem op, maar veroosaak ander probleem.

’n Inwoner van Kerkstraat is bekommerd dat haar muur binnekort inmekaar gaan tuimel.

Nelda Williams sukkel al vir jare met die rioolpype voor haar erf wat gereeld oorloop en dan oopgemaak moet word.

Na jare, het Lekwa Munisipaliteit uiteindelik ’n plan met dié rioolstelsel wat so gereeld verstop raak, gemaak en raad gekry en gehoor dat hulle nog ’n mangat tussen die nabygeleë hospitaal en ’n blok woonstelle moet bou.

Die munisipaliteit het dié mangat in September gemaak, maar nooit opgeruim of die slote en gate wat hulle gegrou het, weer toegegooi nie.

“Ek is dankbaar dat die munisipaliteit die rioolprobleem opgelos het, want dit loop nou nooit meer oor nie, maar nou het ek ’n ander probleem,” het Williams gesê.

“Wie gaan vir die muur betaal as dit inmekaarval?”

Die wortels van ’n denneboom in Williams se erf, is tans al wat die muur staande hou.

Dié groot gat op die sypaadjie hou ook ’n gevaar in dat enige iemand wat daar verby loop snags en nie weet van dit nie, daar kan inval.

“Wat gaan gebeur as ’n kat of hond daar inval?”

Die raadslid van dié wyk, Wilma Venter, het al verskeie kere die voorval by die munisipaliteit aangemeld, maar niks is nog aan die probleem gedoen nie.

Standerton Advertiser het die skakelbeampte van Lekwa Munisipaliteit geskakel en boodskappe gestuur, maar kon teen druktyd nog geen antwoord kry van hom nie.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button