Local newsNewsSportStreeknuus

Bronkhorstspruit Rolbalklub se besigheidsliga sluit af

Erasmus Eiendomme is die wenners van die liga.

Die Bronkhorstspruit Rolbalklub se besigheidsliga het op Donderdag, 24 November, op ’n hoë noot afgesluit.

MTN, vanjaar se ligaborg, het elke span met ’n prys beloon. Erasmus Eiendomme het hul sege in die liga gevier deur lemoenade uit die trofeebeker te drink.

Dettendre Spaar het tweede geëindig en Doggy Palour is derde.

“Namens BHS Rolbalklub will ons al die spanne bedank vir sewe weke van groot pret,” het John O’Connell gesê.

Die rolbal skop weer op 2 Februarie af en spanne wat wil inskryf, kan dit nou reeds bevestig.

“Plek is beperk en ons het reeds drie spanne wat bevestig het vir volgende jaar,” het O’Connell gesê.

Vir meer inligting, skakel O’Connell op 083 408 5597.


LEES OOK: New library has Igugulabasha bristling with energy

LEES OOK: ‘No problem, we are on,’ say 65 parkrunners in Standerton


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button